Die Belastingvoordeel van Skenkings aan ‘n Openbare Weldaadsorganisasie

As jy al ooit gewonder het waarop jou belasting betalings spandeer word is jy verseker nie alleen nie. Talle van ons het al gewonder of ons belasting vir die regte doeleindes gebruik word, en so ook bevraagteken of daar ‘n manier is om vas te stel waarheen jou inbetalings werklik gaan. Die beste manier om seker te maak dat jou bydrae vir die regte saak gebruik word is om n skenking direk aan ‘n openbare weldaadsorganisasie (OWO) van jou keuse te maak. Met die oog daarop om donasies aan hierdie organisasies aan te moedig het die Suid Afrikaanse regering dit goed gesien dat belastingpligtiges ‘n belastingvoordeel uit hierdie donasies kan trek. Hierdie bona fide skenkings na ‘n openbare weldaadsorganisasie (OWO) kwalifiseer dus vir ‘n aftrekking van belasbare inkomste, wat beteken dat meer van jou belasting geld kan gaan na ‘n organisasie van jou keuse.

 

Hoeveel Kan Jy Eis As Belastingaftrekking?

 

Aftrekkings op skenkings aan bepaalde OWO’s is beperk tot 10% van die skenker se belasbare inkomste. Dit beteken dat belastingpligtiges, naamlik natuurlike persone, maatskappye, trusts en Beslote korporasies, ‘n aftrekking van tot en met 10% van sy belasbare inkomste kan geniet, relatief tot die skenkingsbedrag. Hierdie aftrekking verminder dus die totale belasbare inkomste met ‘n bo-perk van 10%, en lei tot n vermindering in die belastingaanspreeklikheid van die skenker. 

 

Aan Wie Kan Jy ‘n Donasie Maak?

 

Hierdie belastingvoordeel kan slegs deur goedgekeurde OWO’s uitgereik word as die organisasie deur die Belastingvrystellingseenheid (TEU) goedgekeur was. Om hierdie rede is dit belangrik om seker te maak dat die organisasie in staat is om ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat ingevolge die Inkomstebelastingwet No. 58 van 1962 uit te reik aan die belastingpligtige. Hierdie sertifikaat dien as bewysstuk dat die skenking aan ‘n geskikte OWO gemaak was.

 

Die Helpende Hand Studietrust (HHST) is ‘n geregistreerde OWO wat daarna streef om leerders in Suid Afrika by te staan deur rentevrye studielenings aan Afrikaanse leerders te bied. Hierdie inisiatief is grootliks afhanklik van donasies vanaf die publiek en talle leerders het reeds die voordele van hierdie Studietrust geniet te danke aan die bydrae van talle landsburgers.  Die Helpende Hand Studietrust se missie is om jongmense te bemagtig deur finansiële bydrae te bied aan diegene wat dit die meeste nodig het. Maak dus vandag ‘n verskil in jou gemeenskap en geniet die belastingsvoordele wat so ‘n skenking jou bied.

 

Hoe Word Die Belastingaftrekking Geëis?

 

Wanneer jy ‘n skenking maak aan ‘n OWO soos die Helpende Hand Studietrust, kan jy die belastingvoordeel geniet wat aan openbare weldaadsorganisasie gegun word. Na die skenking ontvang is sal die Helpende Hand Studietrust n Artikel 18A belastingsertifikaat uitreik aan die skenker. Dit is noodsaaklik dat hierdie dokument behou moet word, indien die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) dit benodig. Om die belastingvoordeel te geniet moet die belastingaftrekking dan aangedui word op die belastingopgawe wanneer die skenker dit daardie jaar indien. As ‘n skenking die 10% aftrekkings bo-perk oorskry kan die oorskrybedrag oorgedra word na die volgende jaar om dan in berekening gebring te word.

 

Belasting kan n intimiderende affêre wees vir diegene wat bykans nooit daarmee te doen kry nie, en dit is waarom menigte dit oorlaat aan ‘n ervare belastingpraktisyn. By Booysen Rekenmeesters is ons toegewyd daaraan om die beste resultate vir ons kliënte te bied. Ons uitstekende span het n magdom ervaring in die rekenkundige veld en streef daarna om innoverende oplossings aan al ons kliënte te bied. Kontak ons vandag op Tel: 012 740 7703, of e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om uit te vind hoe ons jou kan help!  






Image
Image
Image
Image

Search